Vrypas
Pa, onthou jy
ons in derde klas
(met
die harderige banke,
of
soms in die oop rywa, bombela)
die
swart passasiers met
die
gevlegte rietmandjies
op
die heel boonste laairak
hoe
gasvry hulle die tuisgebraaide werfhoender,
bakbrood
en koffie uit ’n fles
eerste
vir ons aangebied het, my kinderskoeneles
in
ubuntu,
(ek
treinsiek, by die venster)
daar
was baie stasies
knus,
klein plekkies met nostalgiese name
Poupan,
Kraankuil, Beskuitfontein, Bletterman,
jy’t
hulle elkeen geken,
elke
stasie het sy eie storie vertel,
sommige
met kafees,
gebakte
vis en stomende moerkoffie
vir
die leë fles op koue winternagte
netjiese
groen akkers gras
by
die ingange,
bont
blombeddings wat gepas
het,
by rooi-gepoleerde stoepe,
(daar
was groot kruisings,
Noupoort
noorde toe
en
Touwsrivier na die Kaapse kant)
drywers
met blinkgepoetste kostrommels,
trotse
manne met werk en vername beroepe
lampman,
sinjaalbeampte, rangeerder en laaimeester,
die
stasiemeesters, gesiene menere,
manne
wat elke jaar of twee die nuutste model kon ry
Chevrolets,
Fords, en, voor die koms van 4x4’s
Ranchero-bakkies
en El Camino’s met die netjies toegeritste
leerbedeksel
oor die laairuim.
De
Aar het vertak na alle plekke
’n
polsende aorta van voortsnellende vragte,
vol
jong troepe om iemand anders
se
heilige oorlog in ’n onbekende land
te
gaan veg, trollies gelaai
met
springbokkarkasse,
geskiet
deur ministers en hulle gevolg
vername
manne wat braai,
biltong
kerf by kampvure en bosberade
net
hoe wyd was die Heer se genade?
tot
by die perron se gatkant moes ons loop,
amper
heel onder die dak uit,
op
die rand, weg soos lastige onkruid,
om
te kon mag sit, op die gemerkte
nie-blanke
banke,
ek,
skatryk, met ‘n tabaksakkie met 100 eensentmunte,
Pa,
ek reis nog, enige klas wat ek wil,
met
’n skerm en ’n muis,
saans
sit ek met boeke
lees
nuwe wêrelde oop,
en
nou maak ek vir jou ’n boek
probeer
met woorde op jou spoor terugloop
onthou
jy nog die episode met die Groen Ghoen?
Soms
sien ek jou in die nou gang
staan,
die venster oop en die roet
wat
teen jou wang
kom
sproet,
ek
hoor weer die wiele rol,
sien
die kole voor gloei, ’n vlamrooi gesig,
sien
weer ’n windpomp in die maanlig
draai en die helder sterre
wat
soos oë van die dooies stol, die hemelruim vol.
Pa,
die dood is ’n boemeltrein wat niemand kan verpas nie.
Here
pa, ons mis jou,
híér op die toegegroeide sylyne van die lewe.